Die Hoërskool Despatch se 1ste netbalspan het as Nelson Mandelabaai metro-kampioene aan die provinsiale uitspeelronde in Oos-Londen deelgeneem en is as die Oos-Kaap o.19 netbalkampioene vir 2022 gekroon.
In aanloop tot die finale het Hoërskool Despatch afgereken met die volgende spanne (Despatch telling eerste genoem): Spandau 39-2, Cofimvaba 57-0, De Vos Malan 35-9, Nico Malan 29-16, Pearson 21-17.
Hierdie span gaan nou die Oos-Kaap by die Suid-Afrikaanse hoërskole netbalkampioenskappe in Boksburg gedurende Augustus verteenwoordig.
Om as Nelson Mandelabaai metro-kampioene gekroon te word was hulle uitslae as volg (Despatch telling eerste): Framesby 28-24, Brandwag 41-15, Pearson 31-19.
Die skool bedank elke speler vir hulle volgehoue ywer, toewyding en deursettingsvermoë tydens die seisoen en sê ook geluk aan die afrigters, Theresa Prince en Carmen Barnard, met hierdie uitsonderlike prestasie. Groot dank ook aan ouers vir hulle ondersteuning op alle vlakke.





