Hoërskool Despatch het na 21 jaar afskeid geneem van onderwyser Regina Lötter, wat diep spore agterlaat in die skool se Afrikaans- en toerisme-departemente. Sy was ook ‘n staatmaker as afrigter en skeidsregter langs die netbalbaan. Die Drakies wens haar ‘n geseënde aftrede toe.
Hoërskool Despatch musiekonderwyser Lynne Gouws, groet die skool na 16 jaar in die musiekdepartment.
Weens herontplooiing is sy by Hoërskool Pearson geplaas en die skool wens vir haar ‘n voorspoedige en geseënde nuwe fase in haar lewe toe.
Hoërskool Despatch groet ook onderwyser Keagan Leonard, wat na ‘n jaar van onbaatsugtige diens by die skool besluit het om sy studies voort te sit.




