Die Hoërskool Despatch se 27ste jaarlikse gholfdag is in goeie gees Saterdag op die Uitenhage Gholfklub se baan aangebied.
Die wenners was H. Deyzel, met D. Swart in die tweede plek en J. Fouché was derde. Vanjaar se hoofborge was Klinicare Despatch en Dentists@Health op Despatch.
Daar was toppryse vir die wenners. Elke gholfspeler het ook ‘n spekboom ontvang en is aangemoedig om dit te plant en sodoende te help om Moeder Aarde ’n gesonder plek te maak.
Dié inheemse eg Oos-Kaapse geharde plant help om koolstofdioksied uit die atmosfeer op te neem en in suurstof te verander.
Die skool bedank elke borg, speler, ondersteuner, personeellid en leerder vir hulle onbaatsugtige hulp om van die 2022 gholfdag ’n reusesukses te maak.
UITGEREIK: HOËRSKOOL DESPATCH




