Marlon George en Ivan van Antwerpen van Extreme Marine Fishing Tackle & Bait Shop.


AS jy ’n hengel-entoesias is, dan is jy nou op die regte plek.

Extreme Marine Fishing Tackle & Bait Shop in Uitenhage is met trots deur plaaslike gemeeskappe opgebou tot die toonaangewende spesialis in die visvangbedryf wat dit vandag is en nou is dit hulle beurt om iets terug te gee.

En dié iets het als te doen met die nuutste neiging in die industrie: drone hengel.

“Dit is die nuwe storie waar hulle aas vir ’n paar honderd meter in die see vat en laat los om groter vis te vang groter en meer afstand te kry,” het Marlon George van Extreme Marine vertel. “Ons gaan professionele mense van Johannesburg hier hê wat gaan demonstreer hoe dit werk en hoe dit toegepas word.”

As jy meer wil hoor, maak gerus ’n draai by Extreme Marine Fishing Tackle & Bait Shop in Uitenhage op 13 en 14 Desember wanneer hulle ’n opedag omtrent dié nuwe visvang-toertjie sal hou.

Vrydag, 13 Desember

Die Vrydagsessie sal vanaf 08:00 tot 17:00 plaasvind. So tussendeur spesiale aanbiedings, gaan kliënte ook met van die groot manne in die industrie kan gesels. Spesiale gaste sluit in Veer Hiramun, Thulani Kraai, Michael Bosch, Mark Enslin, Ivan Van Antwerpen, Juandre Venter en vele meer.

Dié span gaan oor elke dingetjie in die hengelbedryf handel, van vars- en sout water, aas en kunsmatige aas, eetbaar en oneetbaar, en dan ook drone hengel.

Daar gaan demonstrasies gedoen word, en verskeie stappe verduidelik word. Dit is ook ’n geleentheid vir kliënte om persoonlik met die ambassadeurs te gesels en advies te vra.

Met ses ambassadeurs op die vloer, sal die kans groot wees om “one-on-one” met een te kan gesels.

Saterdag, 14 Desember

Saterdagoggend gaan die opwindende goed bring, wanneer daar fisies aas gesny gaan word en demonstrasies gaan plaasvind van die opstel van ’n drone, hoe dit gevlieg word, wat die presiese prosedure is, hoe jy jou stok moet hanteer, en vele meer.

Dit sal vanaf 08:00 tot 12:00 plaasvind waarna die hele span na Blouwaterbaai sal vertrek vir ’n social (mits die weer dit toelaat).

Dit wat in teorie by Extreme Marine verduidelik en demonstreer is, gaan dan toegepas word.

Aas sal ingevlieg word en hengelaars sal die geleentheid kry om te sien presies hoe dit werk.

Al wat jy benodig is jou aas en vervoer na Blouwaterbaai. Vir die res sal hulle sorg. Bywoning van en deelname aan die social is gratis.

Luidens Marlon is die hoofdoel van die opedag om die plaaslike mark aan drone hengel bloot te stel.

“Daar is ernstige hengelaars wat baie graag aan so iets blootgestel wil word, maar nie die geld het om dit te kan bekostig of iemand wat vir hulle kan wys hoe dit werk nie,” het Marlon gesê. “So ons wil dit graag vir ons plaaslike mark doen.”

Extreme Marine Fishing Tackle & Bait Shop het as ’n 34m² winkeltjie begin en goed gegroei tot vandag se sukses.

“Sonder ons lojale ondersteuners sou dit nie moontlik gewees het nie. Die opedag en social is iets wat ek graag aan hulle wil teruggee,” het Marlon bygevoeg

Addisionele dienste by Extreme Marine sluit in die bou en herstel van visstokke asook vele meer.

  • Extreme Marine Fishing Tackle & Bait Shop is by Johnstraat 33, Uitenhage, geleë. Vir enige navrae kontak Ivan van Antwerpen by ivanextrememarine@gmail.com of 081 279 6799.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article