Op die foto is Handhaaf se o.11-rugbyspan wat hulle afdeling by die Willie le Roux-rugbyfees gewen het. Voor van links is Handré le Roux, Jordan Swanepoel, Denmar Transell (hulpafrigter), Stiaan Scholtz (kaptein), Wian Engelbrecht (afrigter), Kian Kemp (onderkaptein), Steve Strydom (spanbestuurder), TJ Whittle en Liam Cunningham. In die middel is Byron Anderson, Derik Taljaard, Adrian Koen, Rhivan de Lange, Jayde Brown, A-Jay Pietersen, JP Rudman en Zayden du Preez. Agter is Josh Annandale, Liam Vlooh, Christiaan Aggenbacht, Ben Hooper, Lambert van Straaten, Liam Strydom en Aiden Nel.

Foto: Verskaf

Die Laerskool Handhaaf se o.11 rugbyseuns het tydens die vakansie (24 tot 27 Maart) die geleentheid gehad om aan die Willie le Roux-rugbyfees in Stellenbosch by Paul Roos Gimnasium deel te neem.

Die seuns het wedstryd in en wedstryd uit met passie gespeel, uitstekende veggees getoon en aangehou hard werk tot die eindfluitjie geblaas het. Die Handhaafseuns het baie goed kompeteer teen topskole, baie geleer en ontwikkel asook ’n hele paar rugby legendes ontmoet.

Die Handhaaf o.11-span se uitslae was soos volg: Hulle wen teen Beaumont, Bastion en Stellenbosch. Hulle speel gelykop teen Boishaai en wen die hoofwedstryd en finaal teen Durbanville.

Die Laerskool Handhaaf sluit dus die toernooi af as wenners en behaal die eerste plek uit 20 skole van regoor die land. Handré le Roux, Stiaan Scholtz, TJ Whittle, Liam Vlooh, Adrian Koen, Aiden Nel en Rhivan de Lange, is as spelers van die onderskeie wedstryde aangewys.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article