Die o.11A-rugbyspan van die Laerskool Handhaaf het verlede naweek hul seisoen op ’n hoë noot afgesluit. Die span is aangewys as die Super 12-kampioene nadat hulle as die algehele wenners in die kompetisie geëindig het. Elke seun het bitter hard gewerk gedurende die seisoen en het wedstryd in en uit ongelooflike karakter en deursettingsvermoë getoon. Die skool is baie trots op die seuns en hul afrigters se uitsonderlike prestasie en wil ook die gemeenskap wat hulle ondersteun het, bedank. Op die foto is, agter van links, Christiaan Aggenbacht, Byron Anderson, Josh Annandale, Derik Taljaard, Liam Cunningham, Liam Vlooh, Liam Strydom, Ryan Jonck, Lambert van Straaten en Aiden Nel. In die middel is Adrian Koen, Jordan Swanepoel, Handré le Roux, Jayde Brown, Rhivan de Lange en TJ Whittle. Voor is onderkaptein Kian Kemp (links) en Stiaan Scholtz. Foto: Verskaf


Handhaaf maak geskiedenis

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article