Van links is Johan Hugo (KL Despatch), Albert Hugo, Muntie Griebenouw, Mia Human, Jana Stander en Wynand Stander (KL Uitenhage).

Foto: Verskaf

Twee matriekleerders, Mia Human (Hoërskool Despatch) en Albert Hugo (tuisonderrig leerder), spog nou albei met ’n Nasionale Presidentsverkenner-toekenning.

Jeuglede van Die Voortrekkers kan in hul graad 12 jaar die bekroonde Presidentsverkenner toekenning op nasionale vlak verwerf nadat hulle ’n deurlopende proses van leierskapontwikkeling vanaf graad 8 tot 12 voltooi het.

Jeuglede moet ook ’n goeie reputasie in hul skool, kerk en die Voortrekkerkommando handhaaf om dié toekenning te verwerf.

Die deurlopende Presidentsverkenner proses behels jaarlikse bywoning van kampe asook die suksesvolle voltooiing van gespesialiseerde take en opdragte. Die hele proses word dan afgesluit met ’n nasionale teoretiese eksamen in April en ’n finale afrondingskamp in Julie.

Mia en Albert het die nasionale teoretiese eksamen met lof geslaag en die Presidentsverkenners-proses suksesvol voltooi.

Die Hoofdagbestuur van Die Voortrekkers het aan hulle die Nasionale Presidentsverkenner toekenning vir kulturele leierskap oorhandig op 17 Augustus tydens ’n spoggeleentheid op Kariega.

Tydens dieselfde geleentheid het Susan Mulder haar 50 jaar getroue diens en Roland Thomson sy 40 jaar getroue diens toekenning ontvang.

voortrekker

Susan Mulder en Pieter Jacobs (GL Oos-Kaap).
voortrekker

Roland Thompson en Pieter Jacobs (GL Oos-Kaap).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article