Hier is HTS Daniel Pienaar Motorsport se span (agter van links) Martin Kleingeld (jnr), Juan Labuschagne, Kyle Dissel, Hanro Beytell, Liam Webster, Ethan Jacobs, en Martin Kleingeld (snr). Voor is Tashné Wait, Clint Koekemoer, Mondré Nel, Leander Koekemoer, Ulrich Roberts, Francois Anker, De Villiers Wessels en Ashley Pape.

Foto: Jeff Latham Photography

Die Algoa Rally Club (ARC) se jaarlikse prysuitdeling is onlangs gehou en HTS Daniel Pienaar Motorsport het met verskeie trofeë daar weggestap.

HTS Daniel Pienaar op Kariega is die enigste skool in Suid-Afrika en slegs een van drie skole in die wêreld wat motorsport as ‘n amptelike buitemuurse sportaktiwiteit aanbied.

Daniel Pienaar Motorsport is amptelik in 2004 deur wyle Jimmy Murray en Sparky Bright begin en in 2015 is daar amptelik met die tydren-program begin. Dié program behels dat leerders die tydrenmotors diens, in stand hou, en voorberei vir tydrenne. Tydens tydrenne is di took die leerders se verantwoordelikheid om die motors na te gaan en te herstel en dit word onder die bekwame leiding van Martin Kleingeld (senior) gedoen.

Die skool het twee motors wat onderskeidelik in die S1 en S5 klasse deelneem en die motors word beide deur leerders bestuur met onderwysers as die navigators.

HTS Daniel Pienaar Motorsport se VW Polo (S5-klas) met Clint Koekemoer agter die stuur en Francois Anker as navigator.

Tydens die onlangse SCC/Fountains Mall Day/Night Rally wat op 28 en 29 Oktober gehou is het DP Motorsport die volgende prestasies behaal:

Vrydag, 28 Oktober: De Villiers Wessels 3de in S1-klas, 11de algeheel (navigator: Martin Kleingeld junior). Clint Koekemoer 2de in S5-klas, 13de algeheel (navigator: Francois Anker).

Saterdag, 29 Oktober: De Villiers Wessels 2de in S1-klas, 10de algeheel. Clint Koekemoer 2de in S5-klas, 9de algeheel.

HTS Daniel Pienaar Motorsport se VW Citi Golf (S1) metDe Villiers Wessels agter die stuur en Martin Kleingeld junior as navigator.

Tydens die jaarlikse Algoa Rally Club (ARC) prysuitdeling het Daniel Pienaar die volgende trofeë ontvang:

  • De Villiers Wessels (bestuurder), 1ste in S1-klas, 2de in Clubmans (motors ouer as 30 jaar)
  • Martin Kleingeld junior (navigator), 1ste in S1-klas, 2de in Clubmans (motors ouer as 30 jaar)
  • Clint Koekemoer (bestuurder), 1ste in S5-klas, 3de algeheel vir die jaar
  • Francois Anker (navigator), 1ste in S5-klas, 3de algeheel vir die jaar

Daniel Pienaar Motorsport bedank hul skoolhoof Kola du Toit vir haar aanmoediging deur die jaar en ook alle ouers, kollegas en vriende vir die jaar se ondersteuning.

“Dankie ook aan ons uitstekende pit crew wat ons vele kere weer onder geweldige druk op die pad kon kry en gehelp het dat beide motors elke tydren kon voltooi,” sê onderwyser Francois Anker.

Ethan Jacobs van HTS Daniel Pienaar Motorsport aan die herstelwerk tydens die onlangseSCC/Fountains Mall Day/Night Rally.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article