DWELMMISBRUIK kom in alle skole voor en alle kinders sal op een of ander stadium moet besluit of hulle met dwelms gaan eksperimenteer of nie.

Hoe vroeër kinders met dwelms begin eksperimenteer, hoe groter is die kanse dat hulle verslaafdes sal wees.

Daarom is dit so belangrik dat ouers hulle kinders moet voorberei vir die dag wat hulle hierdie besluit moet neem.

Luister na jou kind en moet nie bangmaakstoreis vertel nie, dit werk nie.

Moya Brits, hoof- maatskaplike werker van die Suid-Afrikaanse raad teen alkohol- en dwelmafhanklikheid, gaan op 21 September by ’n VLV Despatch middagtee oor dwelmmisbruik deur leerders gesels. Die tee word om 14:00 aangebied in NGK Eendrag-kerksaal en alle belangstellendes is welkom om dit by te woon.

  • Kaartjies vir die tee is R120/persoon en moet voor 16 September bespreek word by Juby 082 823 9972 of Moniques 083 320 2885.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article