Veertig jaar gelede, in die jaar 1984, het die jong Botha-broers, Kobie en Brink, toe net 10 en 9 jaar oud onderskeidelik, aan die Despatch Kunstefees deelgeneem.
Hul acapella weergawe van die liedjie, Dis Lente in die Boland, het vir hulle elkeen ’n goue sertifikaat, A+, besorg.
Verlede maand, tydens Despatch se jaarlikse Kunstefees, was dit weer sulke tyd.
Hierdie keer, nie weer vir hulle nie, maar vir Kobie se twee dogters, Jáneke (10) en Lienke (9), albei trotse leerders van die Laerskool Sonop.
Die sussies het in dieselfde kategorie deelgeneem, dieselfde liedjie gesing en dieselfde resultaat gekry!
Hulle is ook elkeen bekroon met ’n goue sertifikaat, A+.
’n Trotse pa Kobie het die twee met die klavier begelei.





