Foto ter illustrasie.

Foto: Nick Muzik

‘n Groep fietsryers van Fuel on Wheels het op Donderdag, 16 Junie, om 06:00 begin om oefenfietse te trap en gaan aanhou tot Saterdag 09:00 om daardeur geld in te samel vir Hailey Lamprecht (11) van Despatch wat vroeër vandeesmaand met Hodgkins Lymphoma gediagnoseer is.

Hailey, ’n graad 7 leerder van Laerskool Sonop, is tans in Kaapstad waar sy chemoterapie-behandeling ontvang.

Johan Oosthuizen van Fuel on Wheels is een van die fietsryers wat by A Piece of Heaven Coffee Shop & Nursery op Despatch die speke laat sing. Hy nooi die publiek uit om hulle per kilometer te borg of om ’n donasie ten bate van Hailey te maak.

“Ons mikpunt is om 1 500km op die drie oefen- fietse te trap. ’n Persentasie van etes en koeldrank wat mense tydens dié cyclothon by die restaurant bestel, sal ook aan Hailey geskenk word,” sê Johan.

  • Vir meer inligting bel Johan 062 668 5745.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article