‘n Lekker musiekaand in die buitelug met Fatman, Gerrit de Jager en Monique Marais word deur Solidariteit Helpende Hand Uitenhage-tak op Vrydag, 27 Mei aangebied ten bate van die Uitenhage-gemeenskap studiefonds.
Dit is dié tak se grootste fondsinsameling om die studiefonds te sterk, wat kinders van Uitenhage voorkeur bied vir rentevrye studielenings.
Die Fatman-konsert word by die HTS Daniel Pienaar aangebied met Gerrit de Jager en Monique Marais in die voorprogram (18:30 tot 20:00). Fatman tree om 20:00 op.
Daar sal ook verskeie kosstalletjies wees.
Die kaartjies is R250 vir VIP-sitplekke en sluit ‘n verrassingspakkie in sowel as die kans om saam met Fatman afgeneem te word, R130 vir volwassenes, R90 vir kinders 18 jaar en jonger.
Kaartjies is beskikbaar by HTS Daniel Pienaar, Westway Tickets, Ons Winkel Uitenhage, Ons Winkel Despatch en Daniels Service Station.
– UITGEREIK: SOLIDARITEIT HELPENDE HAND UITENHAGE





