Die Hoërskool Despatch spog met topgehalte netbalspelers.
Die o.14-netbalspan het met die louere weggeloop om gekroon te word as die Oos-Kaap o.14 kampioene tydens die Topskole Netbaltoernooi.
Om alles te kroon, is vyf van hierdie meisies opgeneem in die Oos-Kaapspan. Hierdie span gaan die Hoërskool Despatch en die Oos-Kaap verteenwoordig tydens die jaarlikse nasionale kampioenskappe wat tydens 11 en 12 Augustus in Boksburg plaasvind.
Hierdie span volg in die voetspore van die eerste span wat ook in Julie die Nasionale Kampioenskappe bygewoon het.





