BOOGSKUTTERS van HTS Daniel Pienaar, geaffilieër by die Kwaggaklub, het uitstekend gevaar by die OP-kampioenskap vir hoërskole. Die beste 76 skuts van regoor die Oos-Kaap het in Port Alfred deelgeneem. Keano Gerber (links) het ’n silwer-medalje in die 3D gewen met ’n telling van 280/300. Jankeke Grassman het met 277/300 ’n bronsmedalje gewen in 2D (Bull’s Eye). Zander Grassman (regs) het goud gewen in 2D (Bull’s Eye) met ’n uitstekende telling van 290/300 sowel as brons in 3D met ’n telling van 278/300. Foto:VERSKAF


DP boogskutters blink uit by kampioenskappe

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article