DIE provinsie se eerste boogskietkompetisie van die jaar, die Kwagga Ope, is verlede naweek by HTS Daniel Pienaar aangebied en drie skuts van dié skool het puik gevaar.
Caitlyn van Zyl het ’n brons-medalje gewen in 2D (telling 273/300), Keano Gerber het ook brons gewen maar in 3D (telling 267/300) en nuweling Heyn-Carlo Smith het ’n silwer-medalje gewen in 2D (telling 270/300).
’n Totaal van 65 beste skuts van regoor die Oos-Kaap het aan die kompetisie by Daniel Pienaar deelgeneem.




