OM sewe dae op ’n fiets 1 549km voos te trap, was die sweet en pyn werd, want dít het gemaak dat Laerskool Winterberg se bus, wat vir vyf jaar ge-staan het, nou weer ry!
“Die dag toe die bus weer start en sy wiele draai, het ek heel agter in die 55-sitplekbus gaan sit. My stoutgatdinge van kleintyd was terug in my gedagtes, want skoolbusry was nog altyd lekker,” sê Johan Oosthuizen van Fuel on Wheels, na sy eerste rit in die herstelde skoolbus.
Fuel on Wheels was die dryfkrag agter die projek om dié skoolbus weer aan die ry te kry. Oosthuizen en verskeie fietsryers het die moordende uitdaging aangepak ter bewusmaking van die skoolbus-projek.
“Ons het ’n maand-en-’n-half gelede met die projek begin en binne die eerste paar dae was dit so goed soos gedane sake. Ons het gewéét daardie bus gaan loop voor die skool sluit,” sê Oosthuizen.
Laerskool Winterberg se skoolhoof, Randall Mapoe, sê daar is soveel uitdagings dat die herstel van die skoolbus nie eers op die prioriteitslys was nie.
“Ek is in ekstase! Nog nooit in my onderwys-loopbaan het ek soveel samewerking vanuit ’n gemeenskap beleef nie. Ons is aangedaan en emosioneel oor Uitenhage se mense wat hierdie bus hulle verantwoordelikheid gemaak het. Dit het ons nie ’n sent gekos nie en daar loop hy!”
Volgens hom is hy aangeraai om eerder die skoolbus te verkoop omdat dit te veel sou kos om dit te herstel.
“Diep binne my het ek geweet, nee … wag so bietjie, elders gaan ’n engel verskyn. En daardie engel het in die vorm van Johan Oosthuizen en sy ondersteuners gekom. Baie baie dankie aan Fuel on Wheels, Eddies Garage, Splash Car Wash en so baie ander weldoeners vir elkeen se bydrae. Dit is ongelooflik!” sê Mapoe.
Oosthuizen het nóg planne vir die bus. “Ons is nog nie klaar nie, die bus lyk 1937 maar in samewerking met Odds and Ends wil ons dit heeltemal oor brand sodat dit 2020 lyk en ’n regte pimp ride kan wees vir die kinders en talk of town word,” sê Oosthuizen. “Hierdie projek het wéér gewys, mense is warm om te help. Dit is knop-in-die-keel nice om te sien hoe so ’n klein ding ’n groot verskil maak. Om die trots te sien waarmee Chris van Dalen weer agter die stuurwiel inklim, is priceless. Dit was en is nou weer sy pride and joy,” sê Oosthuizen.
Onderdele skaars maar almal help
Eddie Strydom van Eddie’s Garage sê Fuel on Wheels het hom genader om te help met die skoolbus.
“Die bus het ’n gasket geblaas en daarom het dit vir vyf jaar gestaan. Ons het die enjin oorgedoen, die ratte gestel en ’n verkoeler wat deur iemand anders geskenk is ingesit,” sê Strydom.
“Dit is ’n ou 1980’s Nissan-bus en om onderdele te kry was ’n groot gesukkel. Maar hy loop pragtig en idle so stil dit klink of hy nogsteeds staan.”
Denzil Rossouw, die skool se beheerraadsvoorsitter sê, “van die ouers se kant af is hulle ongelooflik dankbaar teenoor almal wat gehelp het. Die Here seën die skool op wonderbaarlike maniere en ons wens ook dieselfde seën toe aan die mense met oop harte en hande.”
Volgens Mapoe het dié ondersteuning van die gemeenskap ’n positiewe reaksie veroorsaak en is daar skielik meer belangstelling van ouers om hul kinders by Laerskool Winterberg in te skryf.
) Buiten die bus het Fuel on Wheels se betrokkenheid by die skool ook tot gevolg gehad dat die skool se kosprojek ondersteuning gekry het vanaf Classic Meats sowel as Wayne Pheiffer se kos-pakkie-veldtog.
)
BOWLING
UITENHAGE BOWLING CLUB:
The Uitenhage Bowling Club team consisting of Wilson Bafu, Dion Muller, Herman Steyn and Victer Transell won the annual PE Bowling Club Cassic which was played last weekend. Well done!
METHUSELAHS GOLF:
This week’s competition, played on the format of better ball both scores to count on par 4’s, was sponsored by Warwick Wealth. Winners was the pairing of Lynette van der Westhuizen and “The Phantom” on 30.75 points. In 2nd place was Johann Fouche and Moira Munn on 29 points. Nearest the pins on par 3’s, sponsored by Morris Olivier, went to Bob McAuley and Johann Fouche on the 4th and 7th holes respectively. Bob McAuley converted for the only 2 club on the day. Ian Krain and Moira Munn are the new owners of the Teddy Bear award and Moira walked away with the whiskey draw as well.
:
:
:
:
:
:
:
:
:
:




