Hier is die groep tuisversorgers wat nou gereed is om in die gemeenskap verswaktes te versorg. Voor van links is Natasha Sederus, Stephné Jantjies, Lorraine Saw, Maryna Scheepers en Nikita Davis. Agter van links is suster Caroline Fletcher, Cheryl de Boer, Ruwelda Martins, Clara Malgas, Abigail Goliath, Lizzie Isaacs en suster Elize du Toit. Foto:MARO SWANEPOEL


TUISVERSORGERS wat verswaktes of bejaardes in hul eie wonings versorg is ’n groeiende behoefte in die gemeenskap.

Om in dié behoefte te voorsien, word daar 6-maande kursusse in tuisversorging aangebied op Uitenhage by ACVV Aandmymering tehuis vir ouer persone.

Suster Caroline Vivienne Fletcher is in beheer van die opleiding en word bygestaan deur suster Elize du Toit. ’n Groep tuisversorgers het verlede Donderdaghul sertifikate ontvang na die suksesvolle voltooiing van die kursus. Hulle is nou gereed om in die gemeenskap van diens te wees.

Tuisversorgers vervul ’n belangrike rol in die lewe van bejaardes wat verkies om in die veiligheid en gemak van hul eie wonings versorging te ontvang.

Hul besoeke hang af van individue se behoeftes en toestand. Die minimum tydperk is 5 ure per dag en hul verskaf ook 24 uur versorging.

Tuisversorgers help ook persone met Alzheimersiekte en demensie wat nog in hul eie woonplekke is.

Die versorgers wat hulle kursusse suksesvol voltooi het en prakties by ACVV Aandmymering gedoen het, word uitgeplaas vir tuisversorging en werk ook as saalhulpe.

  • Mense wat belangstel om in te skryf vir die kursus of meer wil uitvind oor tuisversorgers kan suster Caroline Fletcher bel by 041 992 1510.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article