Tydens die 2022 SA skole-tennistoernooi wat in Pretoria gehou is, het die Oos-Kaap algeheel sewende geëindig uit die 16 provinsiale spanne wat deelgeneem het. Twee tennisspelers van die Hoërskool Despatch, Lutkin Kemp en Zoey Scriven was in die Oos-Kaapse spanne ingesluit.
Zoey Scriven het vyf van haar ses enkel-wedstryde gewen; drie van haar vyf dubbels; en al vier gemengde dubbel-wedstryde. Lutkin Kemp wen twee van die ses enkelwedstryde; twee uit vier dubbel en al vier gemengde dubbel-wedstryde.
Nog ‘n tennisspeler van Hoërskool Despatch, Keani Schoultz, is in die Eastern Cape Aloes span ingesluit wat ‘n algehele 12de plek behaal het.
Keani wen twee uit vyf enkel-wedstryde; twee uit vyf dubbels en een uit vyf gemengde dubbelwedstryde.





