=HIER is die medaljewenners (agter van links) Arthur Bownes (afrigter), Danie Els (afrigter/beampte – wen goue medalje), Emile Scholtz (spanbestuurder). In die middel is Collin Jacobs (brons, 4de plek), Charmaine Johnson (brons), Mac-Brayne Carelse (silwer), Anthony Botha (brons). Voor is Blaine Barnard (brons), Tyron Els (silwer), Connor Barnard (silwer), Juandre Bezuidenhout (brons), Daniell Jacobs (brons). Afwesig: John-Ray Breytenbach (brons). Foto:VERSKAF


DESPATCH Stoeiklub het aan die Brackenfell Ope-stoeikampioenskappe in Kaapstad gaan deelneem en die 11 stoeiers het ’n totaal van 11 medaljes gewen.

Dit was die eerste keer in ’n paar jaar wat Despatch Stoeiklub weer aan ’n toernooi deelgeneem het.

Despatch Stoeiklub se 60ste bestaansjaar word vanjaar gevier en ’n Boemelaarsdans word môre-aand aangebied om fondse vir die klub in te samel.

Die dans is in die Despatch Stadsaal en begin om 20:00. Besprekings is by Beatrice Deyzel 081 562 4196.

Belangstellendes wat met stoei wil begin is welkom om ’n draai by die klub te maak. Oefentye is Maandae en Woensdae vanaf 17:00 tot 19:00.

  • Vir meer inligting bel vir Danie Els by 061 213 2547.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article