DIE o.17 sewesspan van die Hoërskool Despatch het onlangs ’n baie goeie vertoning gelewer met hulle deelname by die Frogfoot 7’s-toernooi wat by Grey High School plaasgevind het.
In hulle eerste wedstryd het die o.17’s ’n opskudding veroorsaak deur die hoogaangeskrewe Hoërskool Framesby 20-15 te wen. Daarna het die jong Despatch Drake hulle volgende groepwedstryd teen die Hoër Tegniese Skool Newton gemaklik 26-0 gewen.
Die span het in die laaste groepwedstryd 5-10 teen Hoërskool Port Alfred verloor, maar nogtans na die semifinaal deurgedring.
Ongelukkig het die span in die semifinaal 10-17 teen Queens College vasgeval.




