Inwoners van Despatch word genooi na die heropening van die
Despatch Skoorsteen op Erfenisdag.
Despatch raadslid Frans Swanepoel, in samewerking met sy
wykskomitee, besigheidseienaar Gawie van Mollendorf van die Sandput Partytjie
Venue, en Hein Beneke, eienaar van die betrokke grond, het besluit om dié
stukkie geskiedenis weer te laat herleef en dit op hulle geneem om die area
rondom die Skoorsteen skoon te maak.
Dít sodat mense van die omgewing weer daarna kan gaan kyk en
plaaslike leerders dit kan besoek en leer van die ontstaan van Despatch. Die
Skoorsteen is een van die dorp se oudste erfenisse.
Die Skoorsteen word op Sondag 24 September om 11:00 heropen.
Ná die heropening kan dit per afspraak besoek word op
Sondae. Skole kan ook afsprake maak op besoek af te lê deur die
week. Bespreek besoeke met Karin Janse van Rensburg by 083 659 5565.




