Foto: Pixabay


Despatch Rugbyklub het onlangs teen Trying Stars van Alexandria gespeel en in naelbyt-kragmetings het die plaaslike spanne as wenners van die veld afgedraf.

Despatch het Trying Stars se eerstespan, wat tot voor dié naweek nog bo-aan die OP groep C provinsiale-liga se ranglys was, geklop met 20-17. Despatch 1ste Reserwe-span het ook ‘n naelbyt-wedstryd met 15-12 gewen by WJ de Wet-stadion.

Alle belangstellende rugbyspelers is welkom om Dinsdae en Donderdae om 18:30 kluboefeninge by te woon.

Saterdag, 21 Mei, speel Despatch Rugbyklub in ‘n plaaslike derby teen Despatch Oostelikes, wat in die top-liga deelneem na hulle promosie in 2019. Die wedstryde word op die dorp se sentrale sportvelde beslis by die WJ de Wet-stadion. Dit skop om 13:00 af met die hoofwedstryd wat om 15:30 begin.

Toegang is R20 per toeskouer en geen alkohol mag ingebring word nie. Daar sal wel verversings te koop wees sowel as ‘n kontantkroeg by die klubhuis.

– UITGEREIK: DESPATCH RUGBYKLUB

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article