Rugbyspelers van die Hoërskool Despatch het aan die jaarlikse Grey Rugbyfees teen topskole deelgeneem en goeie sportmansgees, ywer en waagmoed getoon.
Kragte is behoorlik gemeet en al die wedstryde vir die A-spanne was hard. Hoërskool Despatch se afrigters is egter opgewonde oor wat hul in die seisoen wil vermag.
Despatch rugbyspanne se uitslae by die rugbyfees is as volg:
- o.14 verloor teen Hudson Park 0-58
- o.14 wen Kingswood 19-14
- o.15 verloor teen Graeme College 7-10
- o.15 verloor teen Framesby 3-50
- o.16 wen Parktown 32-5
- o.16 wen Grey B 12-5
- 1ste span verloor teen Hudson Park 3-28
- 1ste span verloor teen Graeme College 0-15.





