Die Nasionale Hok: Oos-Kaap, is ’n gesamentlike hok, gereël deur die Despatch Posduifklub. Dit is ’n hok waarheen duiwe boere van oor die hele land hulle duiwe stuur.
Al die duiwe kry dieselfde behandeling en afrigting.
Die duiwe neem aan ’n reeks van ses wedvlugte deel. Die finaal hierdie jaar was op 18 Augstus vanaf Winburg gevlieg .
Die wenner van die wedvlug was Gerrie Rademeyer van Humansdorp. Gerrie se duif het vir hom die mooi bedrag van R50 000 gewen. In die tweede posisie was dit die duif van Marnus Fourie van De Aar. Die verskil tussen die twee duiwe was enkele sekondes.
Johan Jooste se duif het met die louere weggestap as die duif met die meeste punte vir die seisoen. Gevolg deur Petrie Maree van Graaff Reinet.
Die duiwe gaan nou opgeveil word op 14 Oktober. Die veiling gaan in die Despatch Posduifklub se klubsaal plaasvind. Besigtiging is vanaf 10:00 en die veiling begin om 12:00. Die veiling gaan ook aanlyn geskied.
Die veiling is ’n geleentheid vir duiweboere om goeie duiwe teen bekostigbare pryse aan te skaf. Die bestuur wil ook van die geleentheid gebruik maak om die ondersteuners te bedank.
Die inname vir die 2024 seisoen het ook reeds begin.
Vir enige navrae oor die Nasionale Hok kan Gideon 061 521 0246 of Santie 063 692 6961 gekontak word.



