NÅ 27 jaar van hoop en harde werk om in die Oostelike Provinsie Rugby Unie se hoogste liga, die Superliga, te speel, het die geleentheid uit-eindelik vir Despatch Oostelikes-rugbyklub aangebreek.

Onder leiding van klubpresident Jacob Fro-lick en afrigter Mervin Samuels, is dié mylpaal vir Despatch Oostelikes bereik.

Samuels, wat voorheen ’n afrigter van die suksesvolle Progress-rugbyklub was, het die spelers vanjaar goed gebrei en onder aanvoering van kaptein Zolani “Beast” Cafu, het hulle al hulle wedstryde gewen.

Ná hul wen in die semi-finale teen Jouber- tina, het Despatch Oostelikes amptelik hul droom van die afgelope 27 jaar bewaarheid.

Nou kom die klub in die finaal te staan teen Kirkwood. Dié wedstryd skop Saterdag om 14:00 op Despatch by die De Wet-stadion af. As Despatch Oostelikes hierdie wedstryd wen, kwalifiseer hulle outomaties vir volgende jaar se Oos-Kaapse Super12-rugbykompetisie. Dié kompetisie bestaan uit ses spanne van die OPRU en Grens-rugbyunie.

  • Despatch Oostelikes se ondersteuners word gevra om Saterdag rooi aan te trek om hul steun vir dié span te wys.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article