Die Hawai-span het bestaan uit (voor van links) Theresa Prince, Monique Jonck, Frans Adams, Ilza Hansen, Monique Fourie en Regina Lötter. Agter is Marcelle Basson en Evan van der Merwe.


Die personeel van Hoërskool Despatch het hulle kwartaallikse spanbou by Millpark-rolbalklub gehou en almal wat gedink het rolbal is ’n maklike of “oumens-speletjie” het lelik op hulle neuse gekyk.

Die personeel is in vyf spanne verdeel en elk het gepaste spannaam-uitrustings aangetrek. Die groepe was Hawaii, Hats, Pruike, Maskers en Tutu. Daar het ’n heerlike sportgees onder dié klomp rolballers geheers en die kompeterendes onder die personeel het hard probeer om die regte rol onder die knie te kry. Die Maskers is uiteindelik as die wenspan gekroon en die span het bestaan uit: Bianca Potgieter, Esmé van der Westhuizen, Thalita Niksch-Olckers, Elma Pretorius, Kosie Smit, Hanno Breedt, Elric van Vuuren en Ruben Myburgh. Hoërskool Despatch se span onnies is nou reg vir al die uitdagings van 2022 en om saam dié jaar te laat “rol”.

Die Tutu-span se spelers was (agter van links) Kaylin Kapp, Lucius van Rooyen, Juhan Meyer, Irma van den Ordel, Christelle Minnie en Inneke Kleinhans. Voor is Riaan Botha. Foto’s: VERSKAF

In aksie is Hoërskool Despatch se Ilza Hansen met Regina Lötter aan haar sy.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article