Drie van Hoërskool Despatch se netbalspanne het aan die SPAR Madibaz-netbaltoernooi teen senior klubs deelgeneem en baie goed gevaar. Die eerste span het in die A reserwe-liga deelgeneem en ‘n goue medalje gewen. Hul afrigter Theresa Prince het tydens die toernooi as skeidsregter opgetree in die A-liga se finale. Nog ‘n afrigter van die skool, Geraldine Visser, het haar provinsiale C-gradering as netbalskeidsregter tydens die toernooi ontvang. Despatch se afrigters sowel as die spelers woon daarna ook ‘n kliniek by wat deur SPAR Madibaz en Noordwes Universiteit aangebied is. Tydens die Ria Strydom senior-netbaltoernooi by Young-park, het Despatch vir die eerste keer as die Hoërskool Despatch Netbalklub deelgeneem en ‘n brons medalje ontvang. Dié span vertrek volgende week op ‘n netbaltoer na Paarl waar hulle aan ‘n toernooi gaan deelneem. Foto:VERSKAF

Credit: SYSTEM

Despatch-netbal wen goud teen seniors

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article