Anya Rautenbach (graad 12). Foto’s:VERSKAF

Kayla Saunders (graad 12).

Van links is Nina Erasmus (graad 11), Kayla Saunders (graad 12) en Anya Rautenbach (graad 12). Foto’s:VERSKAF

GEDURENDE die grendeltydperk het prof. Jonathan Jansen en Emily O’Ryan in samewerking met CNA ’n opstelkompetisie geloods waarin hoërskool-leerders hulle ervarings oor leer en “skoolgaan” gedurende dié buitengewone tyd in die wêreld se geskiedenis kon verwoord.

Meer as 640 opstelle vanuit al nege provinsies is ingestuur.

Uiteindelik is 400 opstelle gekies wat ten volle of gedeeltelik in die boek “Learning under Lockdown: Voices of South Africa’s Children” opgeneem is.

Tydens die virtuele boekbe-kendstelling het prof. Jansen genoem dat die opstelle ’n onwrikbare positiwiteit toon.

Hy het gesê dat “Ons land se jeug bewys het hulle het uithouvermoë en geduld.”

Hoërskool Despatch is in die bevoorregte posisie dat drie van die skool se Engels huistaalleerders opstelle ingestuur het en al drie is ten volle gepubliseer.

Die opstelle van Anya Rautenbach (graad 12), Kayla Saunders (graad 12) en Nina Erasmus (graad 11) weerspieël inderdaad die uithouvermoë waarvan prof. Jansen gepraat word. Die leerders se fyn sin vir humor skemer ook onteenseglik in hul opstelle deur.

  • Die boek “Learning under Lockdown: Voices of South Africa’ Children” is beskikbaar by alle CNA winkels teen R100 per boek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article