DESPATCH-krieketklub het die afgelope na-week teen Northern Cavaliers kragte gemeet. Die 4de liga-span sou teen Coega Titans speel, maar dié span het nie opgedaag nie.

Promosie-liga: Despatch vs Northern Cavaliers

Northern Cavaliers wen die loting en besluit om eerste te kolf. Despatch doen goed deur paaltjies vinnig te vat, maar Northern Cavaliers se laaste kolwers veg terug en bereik ’n totaal van 159 lopies voordat hulle almal uitgeboul was in 48,5 beurte.

Despatch gaan kolf tweede en benodig 160 lopies om die wedstryd te beklink maar, briljante boulwerk van Northern Cavaliers se boulers K Hahn, J Daniels en D Kelly verhoed dat Despatch hulle doelwit kon behaal en word uitgeboul vir 94 lopies in 27,1 beurte.

Beste kolwers: Corne Ferreira (33 lopies van 45 balle), Wayne Marconi (30 lopies van 34 balle) en Marinus Bronkhorst (17 lopies van 40 balle).

Beste boulers: Corne Ferreira (23 lopies, 5 paaltjies, 10 beurte), Rudolf Smit (36 lopies, 2 paaltjies, 10 beurte), Ross Gelderbloem (22 lopies, 1 paaltjie, 10 beurte).

. Eerskomende naweek word daar weer op Despatch-krieketklub se tuisveld gespeel en die publiek is welkom om ’n draai te maak en die manne te ondersteun. Daar is ’n snoepie en kontantkroeg beskikbaar. Die klub bied ook ‘n Steakbraai aan en daar is nog kaartjies beskikbaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article