Dané Kruger en Sanet Viljoen het die ATKV Debatskompetisie se uitdunronde gewen.

Foto: Verskaf

Tydens die afgelope ATKV-debatskompetisie het debatteerders van die Hoërskool Despatch gewys dat hul senuwees van staal het.

Vyf van die skool se spanne het aan die uitdunronde deelgeneem en vier van die spanne het hul onderskeie debatte gewen. Een van die juniorspanne, Mione Jonker, Layla Te Brugge en Caliska Smith, het ‘n algehele vierde plek in die juniorafdeling behaal.

Die drie seniorspanne behaal die 1ste, 2de en 3de plek in die kompetisie: 1. Dané Kruger en Sanet Viljoen; 2. Melody Kukkuk en Delano Schoultz; en 3. Tylo Gerber en Liney Olivier.

Die Hoërskool Despatch wens die debatteerders geluk wat met hul “takt, styl, selfvertroue en broodnodige voorbereiding aan hul opponente gewys het waar Dawid die wortels gegrawe het. Sterkte vir die volgende rondte.”

– UITGEREIK: HOËRSKOOL DESPATCH

Melody Kukkuk en Delano Schoultz was in die tweede plek van die ATKV Debatskompetisie se uitdunne.

Liney Olivier en Tyla Gerber was derde in die ATKV Debatskompetisie se uitdunronde.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article