Deacan Green en sy pa Greg Green.

Foto: Verskaf

Elf DP-skuts het op Saterdag, 20 Mei 2023 aan twee boogskietkompetisies deelgeneem in Jeffreysbaai.

Dit was moeilike omstandighede as gevolg van ’n lastige sy-wind, maar die skuts het steeds goed gevaar. Deacan Green (Gr. 9) het die goue medalje gewen in die GLA Ope, met ’n telling van 279/300.

Deacan het ook die goue medalje in die Jeffreysbaai Ope, met ’n telling van 282/300, gewen. Deacan het twee keer OP-geskiedenis gemaak by die kompetisies. Eerstens word Deacan en sy mede-skut die eerste twee skoolskuts in die OP, wat albei in dieselfde rondte, die perfekte 50 kon skiet.

Tweedens wen Deacan en sy pa, Greg (met ’n nuwe persoonlike beste telling van 290/300), albei die toekenning as die beste skuts van die dag, in hul verskillende kategorieë. Die Tiere is trots op hul boogskutters.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article