KARIEGA – Bederf jou ma, ouma of tante met ‘n kaartjie na die Moedersdag Damestee wat op 9 Mei by Arabest op Despatch gaan plaasvind.
Die damestee dien as fondsinameling ten bate van ‘n Kariega paartjie, Ian Rudman en Eileen Cronje. Hulle is albei in 2025 met kanker gediagnoseer.

Rudman en Cronje was saam op skool. Hulle was matriekleerders in 2020 by die Hoërskool Brandwag.
Die damestee gaan ‘n Tjhoko demonstrasie, gasspreker, lekker eetgoed en stalletjies insluit.
Dit sal op Saterdag, 9 Mei om 14:00 by Arabest plaasvind.
Kaartjies is beperk en beloop R200 per persoon.
Besigheidseienaars kan hulle produkte bemark deur pamflette wat op die dag uitgedeel sal word of deur skenkings te maak vir die gelukkige trekkings.
Vir kaartjies, donasies, skenkings en meer inligting, kontak Lizette by 084 406 2123 of Karen by 081 399 8521.





You must be logged in to post a comment.