BO:Cuyler Butchery glo aan kwaliteit produkte en ook om voortdurend aan te pas om te bly voorsien in dit wat die mark vra. Hier word nuwe produkte geproe tydens ’n bemarkingsdag in die slaghuis. LINKS:Leon Slabbert, eienaar van Cuyler Butchery aan die woord tydens verjaardagvieringe by die slaghuis in Uitenhage. Foto’s:VERSKAF


DIE bekroonde Cuyler Butchery by Durbanstraat 136 in Uitenhage se 31ste bestaansjaar word gevier.

Om vir meer as drie dekades met sukses in dié bedryf besigheid te doen en konstant nuwe produkte aan hul kliënte te bied, is die uitkoms van Leon Slabbert en sy familie se entrepreneursvernuf.

Leon kom uit ’n familie van slagters en het in 1988 besluit om sy eie slaghuis te begin met die koop van Cuyler Butchery. Jare se toegewydheid en dinamiese strewe na kwaliteit produkte in ’n mededingende mark het tot die Cuyler Group se stigting gelei. Vooruitgang is sinoniem met dié groep en in 2015 is die multi-miljoen Rand se nuwe slaghuis op die hoek van Durban- en Johnstraat opgerig.

In dieselfde jaar het Leon se vrou Johanita, by die besigheid aangesluit het en die biltong deli sowel as administrasie oorgeneem.

Leon se seun Levin, het in 2016 by die familiebesigheid aangesluit as bemarker en verkoopsverteenwoordiger.

Cuyler Butchery is deel van die gemeenskap en bekend vir hul omgee en goed- hartigheid om ’n verskil te help maak waar dit nodig is.

Die Slabbert-familie sê dankie aan al hulle kliënte vir hul getroue ondersteuning oor die afgelope 31 jaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article