Op die foto is Brandwag se o.16 Oos-Kaap-kampioenspan, van links, netbalorganiseerder Charmaine Swift, Marné Koen, Amberoché de Abreu, Nienke Mc Kay, Ruby Rossouw, Kara Fourie, Kaylene Hiscock, Benicke Rautenbach, Tamica Smith, Jayda Barendse en afrigter Karen Viljoen.

Foto: Karen Pienaar

Die o.16-netbalspan van die Hoërskool Brandwag is tydens die vakansie as die o.16 Oos-Kaap-kampioene aangewys na afloop van hulle deelname aan die topskole-toernooi.

Brandwag het in die finaal teen die o.16’s van die Hoërskool Framesby te staan gekom en hulle 18-15 verslaan.

Met dié prestasie het Brandwag deurgedring na die nasionale topskole-toernooi wat binnekort op 11 en 12 Augustus plaasvind.

Die span het verlede jaar, toe hulle o.15 was, aan die Kay Motsepe-toernooi deelgeneem en ook die eerste plek in die Oos-Kaap behaal. Daarna het hulle aan die Nasionale Kay Motsepe-toernooi deelgeneem en die elfde plek behaal.

Op grond van hulle vertoning by dié toernooi is hulle genooi na die Wildeklawer toernooi, waar spanne slegs per uitnodiging kan deelneem, wat vroeër vanjaar in April plaasgevind het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article