Kragoptellers van die Hoërskool Brandwag in Kariega het onlangs aan die E.C. Equipped-kampioenskap deelgeneem en ’n verskeidenheid van prestasies behaal.
Pearl Bucwa het in die o.47 kg-divisie deelgeneem en die eerste plek in die sub-junior ouderdomsgroep behaal met ’n hurksit van 65 kg, ’n borsopdruk van 37,5 kg en ’n dooiegewig van 102,5 kg. Haar totaal was 205 kg.
Catinka Fourie het in die o.63 kg-divisie meegeding en ook ’n eerste plek in die sub-junior ouderdomsgroep behaal met ’n hurksit van 95 kg, ’n borsopdruk van 50 kg en ’n dooiegewig van 125 kg vir ’n totaal van 270 kg.
Chanté Mulder het eerste plekke in beide die sub-junior en junior ouderdomsgroepe behaal. Sy het in die o.69 kg-divisie deelgeneem. Haar hurksit was 107,5 kg, haar borsopdruk 60 kg en haar dooiegewig was 135 kg vir ’n totaal van 302,5 kg.
Nicole Loubser het in die o.52 kg-divisie meegeding en ’n eerste plek in die junior ouderdomsgroep behaal met ’n hurksit van 85 kg, ’n borsopdruk van 40 kg en ’n dooiegewig van 110 kg vir ’n totaal van 235 kg.
Anika Maree, in die o.76 kg-divisie, het eerste plekke in die junior en sub-junior ouderdomsgroepe behaal met ’n hurksit van 120 kg, ’n borsopdruk van 55 kg en ’n dooiegewig van 145 kg vir ’n totaal van 320 kg.
Stian Landman het sy staal gewys in die o.93 kg divisie en nog ’n eerste plek in die sub-junior ouderdromsgroep vir sy skool ingepalm. Stian het ’n hurksit van 152,5 kg gedoen. Sy borsopdruk was 85 kg en sy dooiegewig 170 kg vir ’n totaal van 407,5 kg.
Met hulle prestasies het dié atlete ’n hele paar Oos-Kaap-rekords laat kantel. Nicole het ’n nuwe junior hurksit rekord opgestel. Anika het rekords opgestel in junior hurksit, junior borsopdruk en in sub-junior en junior dooiegewig, sowel as ’n rekord vir haar totaal as junior. Chanté het nuwe rekords opgestel in junior hurksit, junior borsopdruk, junior dooiegewig en met haar junior totaal. Al ses die kragoptellers is gekies vir die Oos-Kaap-span wat in Julie aan die SA Equipped Kragoptel-kampioenskap gaan deelneem.





