<Op die foto die vyf Brandwag-spelers wat by die Oakdale-rugbyfees as die beste spelers in hul posisies aangewys is. Van links is Ryben du Pont (agsteman), Gideon Serfontein (haker), Dano Swart (heelagter), Jarred Comley (slot) en Tyron McCree (losskakel). Foto:KAREN PIENAAR

Brandwag klop ‘Wolramme’

Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Brandwag se seisoen verloop sover uitstekend en Brandwag het Marlow Saterdag 18-17 op Cradock verslaan en het nou agt oorwinnings uit nege wedstryde.

Tydens die Maart-vakansie het Brandwag op Riversdal aan die Oakdale Rugbyfees en in Port Elizabeth by Grey se rugbyfees.

By Oakdale is vyf Brandwag-spelers vir die span van die toernooi, die Mutual and Federal Agri XV, gekies. Hulle is Gideon Serfontein, Jarred Comley, Ryben du Pont, Tyron McCree en Dano Swart. Boonop is Gideon en Dano onderskeidelik as voor- en agterspeler van die toernooi aangewys.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article