Die Hoërskool Brandwag se matrieks van 2022 het ’n 96,6% slaagsyfer en tien leerlinge het A-gemiddeldes behaal.
Brandwag se akademiese hoof, Enees Huisamen, is baie tevrede met die skool se uitslae en veral trots op Brandwag se slaagsyfer wat die hoogste op Kariega is.
Die skool se toppresteerders is Suzelle Nel met sewe A’s en ’n gemiddeld van 91,7%. Suzelle gaan vanjaar B.Com rekeningkunde aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.
Twee ander leerlinge, Anika Ferreira (88,2%) en Dené-Grete van Jaarsveld (85,4%) het ook elk sewe onderskeidings behaal. Lizanne Jacobs (81,7%) het ses A’s behaal, terwyl Wian van Wyk (85,1%), Heike Groenewald (84%), Jana Potgieter (81,2%), Anje Serfontein (80,85%) en Anke Nel (80%) elk vyf A’s behaal het. Hayley Bothma (81,1%) het vier onderskeidings behaal.
Altesaam 63% van Brandwag se matrieks het geslaag met toelating tot graadstudie.





