Getrou aan Rosedale se Bok-tradisie, het rugbyondersteuners by Four Ways saamgedrom om uiting aan hul vreugde oor die Springbokke se 19-16 sege oor Wallis te gee. Hierdie groep was deel van die baie Springbok-ondersteuners wat die strate na die senutergende Wêreldbeker semi-finaal ingevaar het. Saterdag om 11:00 pak die Springbokke vir Engeland in die finaal in Jokohama, Japan. Die wedstryd gaan ook op SABC2 uitgesaai word. Die wedstryd om die derde plek tussen die All Blacks en Wallis sal môre om 11:00, ook op SABC2 uitgesaai word. Foto: WESLEY KLUE


Bok-ondersteuners uit hul velle van vreugde

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article