MADIBABAAI bofbalvereniging se eerste wedstryde van die seisoen is verlede naweek op Despatch gespeel en goeie spel was aan die orde van die dag.
In die eerste wedstryd was Tigers 1 hopeloos te sterk vir Tigers 2 en het met 22-4 gewen. Vir Tigers 1 het Hennie Stander 4/4 en Connor Stopforth 3/3 gekolf en Tigers 2 se Reuben Gouws het 2/2 gekolf. Stopforth het agt spelers uitgebof.
Op die B-veld het VW amper Redsox 1 verras, maar Redsox 1 was net te sterk en het uiteindelik gewen (11-7). Die beste kolwers vir Redsox 1 was Liaan Muller 2/3 en Raymond Coetzer 2/3. Vir VW het die jong o.15 speler Byron Chamberlain 2/3 aangeteken met Mike van De-venter 2/4 op die plaat. Dantjie Coetzer het sewe spelers uitgebof.
In die wedstryd tussen Pirates en VW was die “rowers” heeltemal te sterk vir die “karmanne”. Pirates wen (16-1) en hul beste kolwers was Shane Field 2/2 en Jonno Bakker 2/3. Francois Swartz het ses spelers uitgebof.
In die daaropvolgende wedstryde het Redsox 2 vir Redsox 1 gewen (9-0). Gelvan A het hul wedstryde verbeur.
Eerskomende naweek se wedstryde word op Pirates se veld op Uitenhage ge-speel en die tye is as volg:
VJuniors o.10; o.12; o.15 & o.18 (08:30 tot 11:30)
VRedsox 1 vs Redsox 2 (12:00 tot 14:00)
VPirates vs Tigers 1 (14:00 tot 16:00)
VTigers 2 vs Gelvan A (16:00 tot 18:00)
- Vir meer inligting oor die Madibabaai bofbalvereniging bel Michael van Deventer by 074 991 4318.




