DAAR word al lank bespiegel oor Blou Ballon se nuwe konsep en môre-aand, Vrydag, 28 Februarie swaai die deure oop met ’n nuwe spyskaart en nuwe besigheidsure van Maandag tot Saterdag.
Kliënte kan hulle regmaak vir ’n opwindende Blou Ballon wat opgeblaas is met fynproewersdisse en ’n gewilde kroeg wat besoekers gaan meevoer.
Nuutaangestelde bestuurder, Ettienne Rogers, het jare se ondervinding in die restaurant- en spysenieringsbedryf. Hy is vol energie om Blou Ballon na nuwe hoogtes te neem. Ettienne se geheim vir Blou Ballon is om elke dis en drankie kreatief voor te sit, wat die smaak en kwaliteit van items op die spyspaart be-aam.
Ettienne se “wêreldinvloedspyskaart” bied geure uit Portugal, Spanje, Italië en Frankryk. Hy is passievol oor Suid-Afrika en het daarom ook tradisionele disse met ’n unieke aanslag op die spyskaart.
“Die espetadas op Blou Ballon se spyskaart is beslis ’n lekker eetding wat ons kliënte gaan meevoer,” sê Ettienne.
Op Blou Ballon se stoep is daar ’n nuwe kraan-kroeg. Hier kan daar weekliks van die nuutste drankie-geure getap word.
Sport en musiek nog beter aangebied
By die nuwe Blou Ballon kry sport-kyk ’n nuwe definisie op ’n kristalhelder groot muurpaneelskerm – die enigste van sy soort in die hele Nelson Mandelabaai!
Blou Ballon se musiekvertonings kry ook ’n nuwe baadjie want alle kaartjies is nou aanlyn beskikbaar by webtickets.co.za of by enige Pick ’n Pay.
Kaartjies is by onbespreekte plekke omdat Blou Ballon plek maak om vertonings by ’n tafel te geniet terwyl daar gesellig gekuier word oor ’n bord kos en die koudste drankies. Hou gerus op Facebook die @dieblouballon sosiale media blad dop.
Privaatfunksies is baie gewild by Blou Ballon en daarom het Ettienne saam met sy span die interieur opgeknap. Buite, onder die afdak en by die buitekroeg is ’n kuier-atmosfeer geskep deur feesliggies en blou fokuspunte.
Nuwe pakkette vir spesiale funksies is nou beskikbaar en sluit in ’n afgebakende area, lekker kos en dekor volgens die tema van die funksie.
Blou Ballon bied ook nou spyseniering aan vir vingeretes wat by werksfunksies of privaat gesellighede by die huis of elders geniet kan word. ’n Smeltkroes van kreatiwiteit gaan op borde ontplof met die verskillende kombinasies van eetgoed om jou gaste mee te voer.
Besoek die Blou Ballon by Bothastraat 38 op Despatch, volg hul op sosiale media by @dieblouballon en kyk uit vir hul nuwe webwerf www.blouballon.co.za.
Vir meer inligting bel 041 933 1461 of e-pos info@blouballon.co.za.



