DIE kombuis van Drostdy Werkplek is in rep en roer vir die groot gebak om te voorsien in die jaarlikse vraag na hulle klein-koekies vir die komende Kersvakansie.

Vanjaar word dié koekies in verskillende vorms en nuwer verpakkings aangebied.

Danksy die publiek se ondersteuning is meer as drie ton kleinkoekies verlede jaar vir die feestyd gebak.

Drostdy Werkplek se kombuis word bedryf om ’n inkomste vir die werkplek te genereer deur die bak van brode en koekies. Dié koekie-bakkery is hulle grootste fondsinsameling van die jaar en hulle is daarvan afhanklik om hul deure oop te hou.


Soorte koekies en verpakking

Daar is sewe verskillende soorte kleinkoekies in sewe soorte feestydvorms.

’n Gemengde baksel kan bestel word of ’n spesifieke soort waarvan gehou word. Die soorte is: Romany Creams (lourierblaarvorm), outydse soetkoekies (kersboomvorm), gemmerkoekies (gemmerbroodmannetjievorm), koffiekoekies (geriffeld), speserykoekies (stervorm), kraker-tjies (hartvorm) en brosbeskuit “short bread” (vierkantvorm).

Bestelvorms vir die kleinkoekies is reeds in omloop en bestellings sluit op Maandag, 11 November.

  • Vir bestellings bel 041 992 4195.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article