ETHAN Bothma, ‘n graad 8 leerder aan die Brandwag Hoërskool het aan die provinsiale ronde van die Sanlam WOW Spelfees deelgeneem en ‘n eerste plek behaal. Hy gaan nou aan die nasionale ronde, wat op 15 Oktober by Universiteit Stellenbosch gehou word, deelneem.

Dis die eerste keer dat Ethan in die provinsiale ronde ‘n eerste plek behaal. Hy het reeds aan twee vorige Sanlam WOW Spelfees-kompetisies deelgeneem en was toe beide kere onder die top vier provinsiale leerlinge wat deurgedring het na die nasionale ronde.

In sy eerste jaar van deelname het hy nasionaal ‘n tweede plek behaal. Dit was toe die eerste keer dat ‘n Oos-Kaapse leerling nasionaal onder die top drie geëindig het. In sy volgende deelname het hy nasionaal ‘n derde plek behaal.

Verlede jaar is die WOW Spelfees, weens die pandemie-inperkings, digitaal en slegs op nasionale vlak aangebied. Ethan is toe aangewys as die top Graad 7-speller in die land. Hy het ook aan die 2021 ATKV DigiSpel deelgeneem en was daar ook die Graad 7-kategoriewenner.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article