Die spelers en afrigters wat 2023 so groot sukses gemaak het.

Foto: Verskaf

Bergsig Spesiale skool in Kariega het een van hul beste seisoene in die geskiedenis van die skool se bestaan beleef.

Die eerste span het 23 wedstryde teen van die top skole in die streek gespeel, waarvan 18 gewen en slegs 5 wedstryde verloor is. Die 5 wedstryde was binne 6 punte en kon op die dag na enige kant gegaan het.

Die seisoen is afgeskop met ’n baie suksesvolle Inland vs Coastal Sportfees waar nagenoeg 30 skole mededingend met rugby sowel as netbal gekompeteer het vanaf o.13- regdeur tot o.19-vlak.

Voorbereidings vir die fees in 2024 het reeds begin en Bergsig beplan om nog groter te gaan. Hierdie jaar is begin deur die borge verder te ondersteun en al die tuiswedstryde is uitgesaai.

Nagenoeg 50 000 mense het na die wedstryde gekyk en op hierdie manier is die borge aan die publiek bewusgemaak. Daar was halftyd advertensies en voorwedstryd-onderhoude, alles self uitgevoer deur toegewyde personeellede.

Die skool is ook bevoorreg om top afrigters te hê wat saam na een doel streef, en leerders wat gemotiveerd is om hul beste te gee.

Bergsig Spesiale Skool bedank die publiek, familie, ouers vir hul ondersteuning en positiewe boodskappe regdeur die seisoen, en natuurlik die borge vir hul onbaatsugtige bydrae: Kilian’s Plumbers, L&C Employee, Dajees Uitenhage, Levyvale Superspar, PSG Wealth, Charles Meyer, Don Peters Bu, Kitchings INC, en AMP Agencies Noodhulp.

– UITGEREIK DEUR BERGSIG SPESIALE SKOOL

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article