Op die foto is, van links, Marius Ruiters (derde), Cullen Peters (eerste) en Tristan Clarke (tweede).

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM

Bergsig se vierde jaar kuns leerders het tydens September aan ’n Erfenisdag kunskompetisie deelgeneem.

Die kompetise was deur die ATKV-tak Uitenhage geloods en daar was groot pryse op die spel. Die leerders het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt en daar was pragtige inskrywings.

Hul onderwyseres, Jonél Mgwali, is baie trots op al haar leerders se kunswerke. Ongelukkig kon almal nie wen nie en nadat die stemming plaasgevind het, is hierdie leerders as die wenners aangedui.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article