OM pinkie in die lug te hou vir ’n goeie saak is iets wat die vroulike geslag met groot entoesiasme kan doen. Veral as daar drie verdienstelike organisasies is wat daarby gaan baat vind, dan spring so ’n pinkie sommer self in die lug.

Nina Timm

Nina Timm sal ‘n gasspreker by die geleentheid wees.

’n Butterfly Tea (be your own kind of beautiful) word op 14 Maart om 14:00 in die Westview-sportklub gehou.

Die gasspreker is die bekende kosfoendi, Nina Timm. Sy sal haar kennis oor kos, avontuurlustigheid met resepte en passie vir lekker eet met gaste deel.

Die gasheer en gasvrou van die middag is huidige Mnr. PE uberMANn, Chad Durrheim en sy vroulike eweknie, die Heinz In Style Mademoiselle, Amarissa Henning. Hulle ondersteun twee liefdadigheidsorganisasies, Domestic Animal Care en Latitha Ilanga Educare. Die derde groep wat begunstig word met fondse van die tee is WithLuv, ’n groep dames wat omgeesakkies pak vir mense wat chemoterapie ontvang.

Daar sal ook waardevolle geskenke wees wat die gaste met gelukkige nommers sal kry. Dit is benewens ’n prys, geskenk deur Sun Boardwalk, wat met ’n nominale donasie gewen kan word.

  • Kaartjies is R220 per persoon en is beskikbaar by Heinz In Style, Derdelaan 45. Vir meer inligting en besprekings kan Heinz gebel word by 041 365 2707.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article