DIE ATKV Uitenhage-tak se jaarvergadering word vanaand om 19:00 in die NGK Uitenhage-Oos se kerksaal gehou in Frere-singel, Van Riebeeckhoogte.

Tydens hierdie vergadering sal die ATKV se streeksbestuurder, Elda Kruger, gesels oor die nuutste ontwikkelinge in die ATKV. Daar sal ook sertifikate oorhandig word aan lede wie al 20 jaar en langer lid is van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging.

Dit is die eerste lede-vergadering van die jaar en daarom is dit belangrik dat soveel moontlik lede die vergadering moet bywoon.

  • Bywoning moet bevestig word deur Jeannette te bel by 063 561 4170.

Alle nodige COVID-19 veiligheidsmaatreëls en protokol sal gehandhaaf word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article