Die ATKV Sonneblomtak van Despatch het onlangs ’n afdak vir Blackies Tehuis laat oprig en nou kan die inwoners gerieflik daar kuier sonder om die wind en die weer te trotseer.

Dit was ’n droom van dié ATKV-tak wat bewaarheid is en elke lid het saamgewerk om die nodige fondse in te samel.

Die amptelike openingsfunksie is reeds gehou waartydens die opkomende jong sanger Wiehann Hooper opgetree het.

ATKV Sonneblomtak bedank die gemeenskap vir hulle ondersteuning met die projek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article