Die vreugde van koorsang blyk duidelik uit die meer as 11 900 koorlede van 183 kore vanuit alle gemeenskappe en bevolkingsgroepe wat vanjaar ingeskryf het vir ATKV Applous.

Daar word landwyd van so ver soos Kaapstad, Namibië, Polokwane en Bloemfontein streeksfeeste gehou. Die Oos-Kaapse Streeksfees van die landwye ATKV Applous 2022 Koorfees is gisteraand in die skoolsaal van Hoërskool Despatch gehou.

Wat die kompetisie uniek maak is dat daar jaarliks nuwe koorwerke geskep word wat aan die kore voorgeskryf word. Dit is dus koorsang wat die publiek nog nooit vantevore gehoor het nie.

Die eindrondes vind vanjaar in die noorde en die suide van die land plaas.

Die eindronde in Pretoria word van 28 tot 30 Julie op die Unisa-kampus gehou en die suide se eindronde in Stellenbosch, van 4 tot 6 Augustus, op die kampus van die Universiteit Stellenbosch.

– UITGEREIK: ATKV

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article