Anika Maree is onlangs tydens ’n gala-geleentheid deur die Oos-Kaapse Departement van Sport, Ontspanning, Kuns en Kultuur aangewys as Sportvrou van die Jaar.

Foto: Verskaf

In ’n dorp waar rugby oor die algemeen die kollig steel was dit beslis nie ’n maklike taak vir kragopteller Anika Maree om uit te blink nie. Maar uitblink is presies wat sy gedoen het.

Maree is onlangs by ’n gala-geleentheid deur die Oos-Kaapse Departement van Sport, Ontspanning, Kuns en Kultuur aangewys as Sportvrou van die Jaar.

Die 18-jarige van Kariega het met haar ysterwilligheid en verbete toewyding die harte van die gemeenskap verower en internasionaal naam gemaak. Sy het in graad 10 met kragoptel begin.

Sy is al as Wêreldkampioen, Statebondkampioen, Asia/Pacific/Africa Kampioen, SA Kampioen en Oos-Kaap Kampioen gekroon en het legio rekords agter haar naam gelaat.

Anika verteenwoordig ook SA Kragoptel sedert 2022 in vier verskillende dissiplines.

Die onlangse gala-geleentheid is aangebied by die Boardwalk. Sportvrou van die Jaar word gekies uit al die verskillende sportsoorte wat in die provinsie beoefen word.

Anika is ook benoem as Sport Ster van die Jaar en is in hierdie kategorie as naaswenner aangewys.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article