AFRIFORUM gaan op Dinsdag, 3 November Uitenhage besoek met die doel om ’n vergadering te hou oor die stigting van ’n plaaslike tak.

Dié tak sal gevolglik ook buurtwagte onder hul vaandel die lig laat sien.

Arno Greyling van Afriforum se hoofkantoor sal die vergadering toespreek. Dit word by die koffiewinkel in Thornstraat gehou vanaf 18:00 tot 19:00 en alle belangstellendes is welkom.

  • Vir meer inligting oor die Afriforum-takstigtingsvergadering bel Arno Greyling by 066 486 7611 of epos arno.greyling@afriforum.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article